Selfdood

Daar word dikwels gesê dat mense wat oor selfdood praat, dit nie sal doen nie. Dit is egter nie waar nie.  Enige dreigement van selfdood moet ernstig opgeneem word. Tot soveel as 75% van mense wat oor selfdood praat, sal ‘n poging aanwend.

Dit beteken dat alle selfdoodgesprekke as ernstig opgeneem moet word. Jy kan iemand help deur hom of haar ernstig op te neem wanneer daar oor selfdood gepraat word. As jy self gedagtes oor die dood of selfdood het, moet jy dadelik hulp soek.

Waarskuwingstekens vir selfdood:

  • Gesprekke of grappe oor selfdood
  • Depressie
  • Voorbereiding vir die dood, byvoorbeeld, weggee van besittings en beplanning
  • Selfkritiek
  • Verandering in persoonlikheid
  • Verlies in selfversorging en higiëne
  • Risikogedrag
  • Oormatige skuldgevoelens, gevoel van mislukking en selfblaam
  • ‘n Skielike oordrewe gevoel van optimisme na depressie
  • Gedigte en tekeninge oor die dood

‘n Paar dinge om te doen as jy dink aan selfdood:

  • Praat onmiddellik met ‘n vriend of iemand wat jy vertrou.
  • Skakel die selfdood hulplyn: 0800567567
  • Poog ten alle koste om nie alleen wees nie
  • Moenie alkohol of ander dwelms gebruik nie
  • Praat met mense wat omgee en vra hulle om gevaarlik voorwerpe weg te sluit
  • Moenie selfdoodgedagtes ‘n geheim hou nie. Dit is nie ‘n skande nie.

Wat om te doen as iemand naby jou selfdoodgedagtes het:

  • Vra: Praat met die persoon daaroor en vra op ‘n simpatieke manier dat die persoon jou meer daarvan moet vertel.
  • Luister: Moenie veroordeel nie, dit help dat die persoon moontlik insig kan kry in sy of haar situasie. Dit sal jou ook help om hulp te kry of hulp aan te bied
  • Vertel: Kry hulp en moenie selfdoodgedagtes ‘n geheim hou nie. Dit is beter om later te verduidelik dat jy bekommerd was.

Wanneer jy bekommerd is oor jouself of oor iemand anders, gaan na ‘n mediese dokter vir ‘n evaluasie of praat met jou dominee. Dit is belangrik dat die persoon wat met selfdood worstel hulp kry by ‘n professionele persoon. Verwys die persoon dus na iemand wat kan help.

Indien jy meer wil lees oor selfdood klik  hier of hier.