Eetsteurings

Mense sukkel dikwels met gewig en eetgewoontes. Wanneer iemand egter ernstig met eetgewoontes, gewigsverlies of oorgewig sukkel, mag dit op ‘n eetsteuring dui. Eetsteurings kom in verskillende vorme voor en daar is verskillende simptome wat met eetgewoontes verband hou.

Alhoewel die simptome van eetsteurings rondom eetgewoontes handel, is dit ‘n baie meer komplekse probleem wat dui op emosionele en gedragsprobleme en denkfoute. Eetsteurings moet altyd met die hulp van ‘n mediese dokter aangepak moet word omdat mediese komplikasies hand aan hand daarmee loop.

As jy vermoed dat jy, of iemand vir wie jy omgee, sukkel met ‘n eetsteuring is dit baie belangrik dat jy hulp sal kry. Sakel onverwyld ‘n algemene praktisyn of skakel 0219385120 by Tygerberg Hospitaal om verantwoordelike inligting te verkry.

Indien jy meer wil lees oor eetsteurings klik hier.