Bejaardheid

Hierdie begrip verwys na die fase waarin persone 60 jaar en ouer hulle bevind. Dit is ‘n fase met vele uitdagings, veranderinge en aanpassings nie net vir die ouer persoon nie, maar ook vir die familie.

Daar word voorspel dat teen 2020, die proporsie van die wêreld se bevolking ouer as 60 jaar, tot 22% kan wees. Dit is byna dubbeld as die 12% in 2015. Verder sal die aantal persone 60 jaar en ouer, meer wees as die kinders onder 5 jaar.

Voorkoming van valle by ouer persone, behoort meer aandag te geniet, aangesien dit die tweede grootste oorsaak van beserings van ouer persone, wêreldwyd , is. Persone ouer as 65 jaar het ‘n groter kans om as gevolg van ‘n val, ernstig beseer te word.

Vir meer inligting oor die dienste wat Badisa bied, klik hier.